The Guardian

The Guardian se kenteken
Kings Place in die London Borough of Islington huisves sedert Desember 2008 The Guardian se hoofkantoor in Londen
The Guardian se hoofkantoor in Londen

The Guardian, vroeër (tussen 1821 en 1959) bekend as The Manchester Guardian, is 'n invloedryke Britse dagblad wat in Londen uitgegee word en onder die Verenigde Koninkryk se voorste koerante gereken word.[1]

Die koerant is oorspronklik in 1821 in Manchester as 'n weekblad gestig, maar verskyn daagliks met die uitsondering van Sondae nadat die Britse regering in 1855 die belasting op dagblaaie (die sogenaamde stamp tax) opgehef het. Die verwysing na Manchester in die koerant se naam is in 1959 geskrap om die Guardian se status as nasionale dagblad van gehalte te weerspieël. Die redaksiekantore is in 1964 na Londen verskuif.

Die dagblad word deur die Guardian Media Group gepubliseer wat aan die Scott Trust behoort.

  1. Encyclopædia Britannica: The Guardian. Besoek op 29 Junie 2016

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search